Strongman Broshure and Pricelist

Boer Spaar
Tien Duisende Rande met sy Strongman Buigmasjien

 

Mnr Van der Westhuizen wat in die Ooste van Gauteng boer, het in Maart 2016 nodig gehad om skuifbare krale vir sy beeste te kry.

Hy het 40 hekke nodig gehad. Die kleinhandel prys van die hekke sou R1700 elk beloop, dus ongeveer R68000 in totaal.

Pieter het die geleentheid gesien om geld te spaar en by Strongman Tools op Heidelberg ‘n MB50R Buigmasjien met vormers vir 48 mm pyp aangeskaf.

Hy het die 40 hekke vervaardig teen ‘n totale koste, van R26600 (vir materiaal, verf en arbeid) In totaal het hy dus R41400 gespaar op die projek. 60% van die kleinhandel prys!

Nadat die besparing betaal het vir die buigmasjien wat hy aangekoop het, het dit hom steeds met n stewige “wins” van R26000 gelaat. (‘n Besparing van 38% op die kleinhandel prys van die hekke!)

Hier is die epos wat ons op 6 April van hom ontvang het:

“Goeie dag Andries

Dit het baie goed gegaan met die buig en bou van die hekke, ons het al die hekke in twee dae gebuig en was besonder bëindruk met hoe netjies elke buig uitgekom het.

Ek kon so gemiddeld 6 kompleet hekke op ‘n dag bou, so ons was darem nie te lank besig om klaar te maak nie. Ek stuur vir julle ‘n paar foto's.

Die hekke het saam met arbeid, verf en die aankoop van die masjien so R1050.00 gekos wat steeds R650 minder uitwerk as om klaargemaakte hekke te koop. Groete Pieter”

Pieter het vir hom ‘n bate vir die plaas gebou teen ‘n winskoop prys!
Boonop sal alle verdere projekte  wat hy bou  nog groter beparings “wins” oplewer, omdat die masjien klaar betaal is, en ‘n leeftyd gaan hou.
(Strongman masjiene dra ‘n 5 jaar waarborg en pypvormers is lewenslank gewaarborg.)
Pieter se volgende projek is skaaphekkies van 25mm pyp.

Nou waarvoor wag jy?
Dink net hoeveel geld kan jy spaar met jou eie stel Strongman gereedskap as jy self, hekke, krale, voerders, tonnels of bakkie tralies bou… Laai sommer nou jou vir jou ‘ n brosjure en pryslys af en beplan jou geld spaar projekte deur hier te kliek.

Kontak Andries by Strongman vandag nog en spaar groot.
strongmantools@gmail.com of 078 800 1465

Gaan terug na Agri Blad